Halo daar! Ek is Naomi, soos julle almal weet. Ek is 'n ingebore, trots suid-afrikaner. Ek woon al my hele lewe lank hier en kan my nie verbeel hoe dit voel om in 'n ander land te woon nie.In my blog gaan ek julle vertel hoekom ek so sterk oor volk en vaderland voel en hopelik sal julle ook kan sien wat ek sien en ervaar wat ek ervaar.Almal mag dalk nie so voel nie,maar vir die wat tog so voel, moet nie bang wees om ons land se naam om hoog te hou nie. Ons is 'n land van vele kleure, nasies en rykdom, dit is hoekom ek trots suid afrikaans is.