Tuesday, 1 October 2013

My reflektiewe skryfstuk

Om hierdie 'blog' te doen, was vir my baie opwindend. Ek het nog nooit so iets gedoen nie so dit was ook vir my 'n bietjie van 'n uitdaging.

Ek het baie dinge geleer wat ek gaan gebruik in die toekoms. Om in Afrikaans te skryf was nog nooit een van my sterkpunte nie maar ek dink ek het verbeter. As ek kon sou ek graag aan wil gaan met die 'blogging'. Dit was vir my 'n goeie uitlaat plek. Ek het dit vreeslik geniet.

Dankie vir die wonderlike ervaring.

Tuesday, 17 September 2013

Hoe om 'n trotse Suid-Afrikaner te word, as jy nie klaar een is nie.

Dit is eintlik baie eenvoudig. Dit verg geen harde werk nie net 'n bietjie persoonlikheid. Hier is die stappe wat jy moet volg om 'n trotse Suid-Afrikaner te word:

  • Neem tyd om die natuur te bewonder- as jy dit doen, gaan jy dinge sien wat jy nog nooit voorheen gesien het nie.
  • Glimlag - Dis goeie oefening en 'n goeie manier om die dag te begin.
  • Doen jou deel deur ander te help waar jy kan. Onthou, een hand was die ander en elke bietjie help.
Siedaar! So maklik soos dit. Volg hierdie stappe, ek waarborg jou dat jy die lewe uit 'n ander oogpunt sal sien en in die proses 'n beter mens gaan word. Saam kan ons 'n verkil maak. Soos die engelse gesegde gaan, Be the change you want to see.

Friday, 13 September 2013

Eendag was daar 'n man, met die naam Tomas.Hy het alleen in 'n klein dorpie gewoon, geen vrou en geen kind of kraai nie,maar hy was nooit alleen nie daar was altyd iemand om mee te praat. Tomas was 'n regte suurknol,hy het die lewe vir almal moeilik gemaak met sy alewige geklaery. Niks was ooit goed genoeg vir hom nie. Hy het oor alles en almal gekla,as dit nie oor die brood was wat hy daagliks by die bakkery gekoop het nie, was dit oor iemand in die poskantoor wat hom nie gegroet het nie. Eendag na 'n onderonsie met die bakker oor die brood wat muf was, besluit Tomas dat hy genoeg gehad het  van die dorp en sy mense. Hy pak toe sy besittings op en verhuis na 'n ander dorp. Hierdie dorp was natuurlik groter en het meer mense gehad. Dit het glad nie die huislike atmosfeer gehad waaraan hy gewoond  was nie. Hier was die mense onbedagsaam en onvriendelik. Sy bure het nie eers vir hom verwelkom nie. Tomas het gou agtergekom dat dit wat hy agtergelaat het baie meer vir hom beteken het as wat hy wou voorgee.

Daar het Tomas geleer om dankbaar te wees vir mense wat vir hom omgee en om nie oorhaastige besluite te maak nie. Onthou dink voor jy doen.

Tuesday, 3 September 2013

Kleurvol, pragtig, smaaklik, ryk, en uniek, om maar net 'n paar beskrywende woorde te noem. Daar is eenvoudig net nie genoeg woorde in die woordeboek om ons land te beskryf nie.Dis nie net die voorkoms van die land wat mooi is nie, maar ook die mense. Dit herinner my aan 'n storie.

 'n Paar dae gelede was ek oppad stad toe. Omdat ek daarvan hou om publieke vervoer gebruik, het ek besluit om die trein te vat. Ek was nie vir een oomblik spyt nie. Ek het op my selfoon speletjies gespeel, toe daar onverwags 'n jongman voor my opdaag. Hy het my foon gegryp en probeer spore maak, soos hy gou agtergekom het, het hy 'n bloutjie geloop. Die mense wat langs my gesit het, het gesien wat gebeur en het onmiddellik gereageer. Ek was natuurlik geskok. Hulle het die man gevang en het my selfoon terug aan my besorg. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Dis sulke dinge wat my so trots maak,dat ek uit my vel uit wil spring.

Tuesday, 27 August 2013

persoonlike skryfstuk

Halo daar! Ek is Naomi, soos julle almal weet. Ek is 'n ingebore, trots suid-afrikaner. Ek woon al my hele lewe lank hier en kan my nie verbeel hoe dit voel om in 'n ander land te woon nie.In my blog gaan ek julle vertel hoekom ek so sterk oor volk en vaderland voel en hopelik sal julle ook kan sien wat ek sien en ervaar wat ek ervaar.Almal mag dalk nie so voel nie,maar vir die wat  tog so voel, moet nie bang wees om ons land se naam om hoog te hou nie. Ons is 'n land van vele kleure, nasies en rykdom, dit is hoekom ek trots suid afrikaans is.