Friday, 13 September 2013

Eendag was daar 'n man, met die naam Tomas.Hy het alleen in 'n klein dorpie gewoon, geen vrou en geen kind of kraai nie,maar hy was nooit alleen nie daar was altyd iemand om mee te praat. Tomas was 'n regte suurknol,hy het die lewe vir almal moeilik gemaak met sy alewige geklaery. Niks was ooit goed genoeg vir hom nie. Hy het oor alles en almal gekla,as dit nie oor die brood was wat hy daagliks by die bakkery gekoop het nie, was dit oor iemand in die poskantoor wat hom nie gegroet het nie. Eendag na 'n onderonsie met die bakker oor die brood wat muf was, besluit Tomas dat hy genoeg gehad het  van die dorp en sy mense. Hy pak toe sy besittings op en verhuis na 'n ander dorp. Hierdie dorp was natuurlik groter en het meer mense gehad. Dit het glad nie die huislike atmosfeer gehad waaraan hy gewoond  was nie. Hier was die mense onbedagsaam en onvriendelik. Sy bure het nie eers vir hom verwelkom nie. Tomas het gou agtergekom dat dit wat hy agtergelaat het baie meer vir hom beteken het as wat hy wou voorgee.

Daar het Tomas geleer om dankbaar te wees vir mense wat vir hom omgee en om nie oorhaastige besluite te maak nie. Onthou dink voor jy doen.

2 comments:

  1. Ai jine dit is regtig 'n praktige storie, en dit is die waarheid. Ons besef nie wat ons het totdat ons dit verloor nie.

    ReplyDelete
  2. Enkele opmerkings:

    1. Wees versigtig daarvoor om jou sinne te lank te maak.
    2. nie eers vir hom - het hom nie eers verwelkom nie

    Ek is onseker oor hoe jou storie met jou tema verband hou...

    ReplyDelete