Tuesday, 3 September 2013

Kleurvol, pragtig, smaaklik, ryk, en uniek, om maar net 'n paar beskrywende woorde te noem. Daar is eenvoudig net nie genoeg woorde in die woordeboek om ons land te beskryf nie.Dis nie net die voorkoms van die land wat mooi is nie, maar ook die mense. Dit herinner my aan 'n storie.

 'n Paar dae gelede was ek oppad stad toe. Omdat ek daarvan hou om publieke vervoer gebruik, het ek besluit om die trein te vat. Ek was nie vir een oomblik spyt nie. Ek het op my selfoon speletjies gespeel, toe daar onverwags 'n jongman voor my opdaag. Hy het my foon gegryp en probeer spore maak, soos hy gou agtergekom het, het hy 'n bloutjie geloop. Die mense wat langs my gesit het, het gesien wat gebeur en het onmiddellik gereageer. Ek was natuurlik geskok. Hulle het die man gevang en het my selfoon terug aan my besorg. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Dis sulke dinge wat my so trots maak,dat ek uit my vel uit wil spring.

1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. oppad - op pad
    2. om publieke vervoer gebruik - om....te gebruik

    ReplyDelete